Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Feb 20 2025
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE • Limpopo nou SA se voorste sitrusproduksiegebied

Wyse weerman gegrond in die landbou • Die 2024-’25-somerseisoen word beskryf as een van die moeilikstes nóg in die era van langtermynweervoorspellings, en dit kan in die toekoms moeiliker raak. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, het groot begrip vir boere en vertel watter metodes hy vir voorspellings gebruik.

Wantroue blaas die vlamme aan

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Daar het jy dit nou!

Voerpryse slag hoop op hoër speenkalfprys • ’n Skerp styging in die geelmielieprys kan vleis- en melkboere, maar veral voerkrale, verder onder druk bring.

Sikloonaktiwiteite: Sterk ooreenkomste met 1983-’84-seisoen • Die gereelde voorkoms van tropiese storms in die Indiese Oseaan, wat weerpatrone oor Suider-Afrika beïnvloed, toon sterk ooreenkomste met dié in die 1983-’84-somerseisoen en het ook ’n invloed op die swak La Niña-stelsel.

Wet verwelkom wat landbougrond beskerm • Die nuwe Wet op die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond is onder meer daarop gemik om landbougrond, ter wille van voedselproduksie, teen mededingende grondgebruike te beskerm.

Veeboere deel slae uit

Stap vir stap: Só beveg jy onteiening sonder vergoeding • Onteiening teen nul-vergoeding, oftewel onteiening sonder vergoeding soos vervat in die nuwe Onteieningswet, is ’n ingewikkelde proses en bied ’n raamwerk waarbinne jy jouself, en jou eiendom, kan beskerm.

Nersa kom verbruikers tegemoet – en sonkrag wen steeds veld • Nersa, die nasionale energiereguleerder, het ’n aansienlik kleiner verhoging in die elektrisiteitstariewe goedgekeur as die 36,15% waarvoor Eskom in sy sesde veeljaar-prysvasstelling vra. Verbruikers sal in die 2025-’26-boekjaar egter wel 12,74% meer vir hul krag betaal.

Van krag tot krag met dié beleggings

Die gesukkel om van Eskom ontslae te raak

Reddingsboei laat flikker hoop vir inmaakfabriek se toekoms • Hoewel die taaipitperske-oes geil is, is boere se hoop op ’n goeie inkomste verydel omdat Langeberg & Ashton Foods sy inname drasties verminder het. Onderhandelings met ’n koper bring verligting te midde van onsekerheid oor die toekoms van die fabriek.

Voorstelle oor wyntaks ‘gaan te ver’ • Suid-Afrikaners se drinkgewoontes bied nie grondige ekonomiese of maatskaplike redes om die huidige aksynsmetodologie aan te pas nie, meen South Africa Wine.

Moontlike draaipunt op kleinveemark

Sorg dat jou dokumente reg is • Ná die gedenkdiens van ’n afgestorwe geliefde begin die groot taak om die boedelbereddering aan die gang te kry. Dit is noodsaaklik dat jy die nodige dokumentasie onmiddellik kan kry as jy dit nodig het.

Kan veeboere aan die groot knyp ontsnap? • Dit is laat in die dag en ernstige ingryping met werkbare planne is nodig om veeboerdery te stabiliseer. Dit geld die hele aanbodketting – en hopelik ’n korter kosteketting.

Is die vleisuitvoermark die goue gans? • Uitvoer, veral na die Ooste en Midde-Ooste, haal baie druk af van Suid-Afrikaanse rooivleisprodusente, wat swaarkry. Die uitvoer van bees- en skaapvleis groei, maar dit is nie waar (alle) boere se heil lê nie.

Wynlandgoed beloon met verifikasie vir herlewingslandbou

Glas melk per dag kan risiko’s vir dermkankers verlaag

Boek bied oplossings vir Prosopis-probleem

Die man agter Senwes se toekomsgerigtheid • Senwes is een van...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans