Hoe mooi, hoe slim! was my reaksie op elk van die troues in hierdie uitgawe. Van die Swartland tot die Karoo, van landelike Nieu-Bethesda tot in die Kaapse middestad, het Suid-Afrikaners ’n dag geskep wat hulle – en vir seker ook die gaste – altyd sal onthou. Daar was ook pare wat op buitelandse bestemmings besluit het, soos Griekeland en Italië, en hoe inspirerend was hul troureis nie. Geniet hierdie 132 blaasje saam met ons, en al die drome wat dit optower! - Michélle van Breda, redakteur
In ons SARIE-Wêreld • SARIE BRUID is vanjaar 16 jaar oud. Ons glo in die tydskrif omdat dit nie net ’n seëviering van die liefde is nie, maar ook van die lewe. Of jou troue klein en intiem is, of gul en groot, dis ’n spesiale dag met ’n impak op die res van jou lewe. Dis die begin van nuwe drome.
MY inspirasie • “Al is die troue hóé klein, groot, formeel, informeel, minimalisties of oordadig, gaan dit heel eerste oor kwaliteit.”
Betowerde woud • ’n Sprokiestroue in die woud met roosgoue aksente, blommekranse en juweel-kleurskemas is die “nuwe” boheemse tendens
Klip & grond • Laat die gestrooptheid van die Karoo jou inspirasie wees. Gebruik aardse kleure en natuurlike elemente soos kaal takke en droë blomme
Film noir • Die nuutste trouneiging is donker en dramaties … dink aan aktrise Natalie Portman in die rolprent Black Swan
Industriële kuns • Staal en satyn? Hoekom nie! ’n Deftige dinee in ’n industriële venue sorg vir ’n interessante mengsel van style en teksture
Hollywood-glans • Daar is ’n neiging terug na die klassieke troukleure, wit en goud. Dink wit rose, goue messegoed, ’n klassieke rok en goue trouring
Weelde & warmte • Ontmoet SARIE Bruidspaar van die Jaar 2017! Hul dekadent Italiaanse troue – in die hartjie van Pretoria – was ’n fees van kleur en tekstuur
ONS HOU VAN • Kombineer ’n oordaad blomme met donker, dramatiese tafeldekor
Amanda & Donavan wen
Eenvoudig perfek • ’n Klipkapel en welige, uitgestrekte tuine in die hart van die Goudstad het gesorg vir eenvoud met trefkrag
ONS HOU VAN • Kies klassieke dekorelemente met glas- en metaalaksente vir ’n tydlose troue
Liefde wat blom • ’n Oorvloed glas en blomme het die sprokiesagtige buitelandskap van ’n ou Stellenbosse wynplaas binnegenooi
ONS HOU VAN • Kombineer kerslig wat teen glas reflekteer met spatsels goud vir ’n glinsterende effek
Koue winter warm liefde • Dié idilliese wintertroue in die Breedekloof-vallei aan die voet van die Dwarsberg was ’n spanpoging soos min
Aardsheid met ’n andersheid • Aardse dekor met ’n boheemse kinkel het ’n KwaZulu-Natalse woud omskep in ’n unieke wintertowerland
Toentertyd-jolyt • Die Matjiesfontein-hotel met sy broekiekantbalkonne was die perfekte rolprentstel vir dié nostalgiese paartjie se silwerdoekdag
Hul mooiste dag • Hier is ’n paar bekendes wie se troues die afgelope jaar ons asem weggeslaan het
MY styl • “Trek mooi aan, trek aan wat pas, trek aan wat by jóú pas.”
Droomrokke • Tussen dié 136 rokke is daar iets spesiaals vir elke bruid se groot dag …
Jy trou! Ons help jou beplan • Om jou troue te beplan is opwindend, maar om rokke, ruikers, ringe en wie-weet-wat nog alles te reël, kan ook oorweldigend wees. SARIE BRUID gee raad
Groot dag, klein begroting • ’n Mooi troue hoef nie sinoniem te wees met groot geld nie. Met dié slim idees kan jy ’n klein begroting ver rek.
MOOIMAAK op jou mooiste dag • Vanjaar se gewildste skoonheidsvoorkomste vir bruide bied iets vir almal. Van boheemse blommekranse en vlegsels tot klassieke rooi lippe en rokerige oë - hier’s hope inspirasie.
Geur vir jou groot dag • Fyngeure geïnspireer deur die temas van ons regte troues....